Description
Geskenk van genade is 366 oordenkings wat jou sal help om God se goedheid en guns in jou lewe te sien.
Hoe wonderlik is dit nie dat ons as gelowiges elke dag van die Here se genade mag lewe! En dit is waartoe Nina jou nooi: om vir ‘n jaar lank op dié groot genade te konsentreer. Die genade van God se teenwoordigheid waarin ons vrede en blydskap kan vind, wat ons sal leer om Hom te vertrou selfs al is dit stikdonker om ons.
So skryf sy oor Pilatus se keuse om Jesus vry te spreek, veral omdat hy as regsgeleerde weet dat die Jode geen grondige saak teen Jesus het nie: Nogtans kies Pilatus om sy gewete en die versoeke van sy vrou te verontagsaam en die oproerige skare hulle sin te gee. Daarom gee hy Jesus oor om gekruisig te word terwyl Barabbas vry uit die gevangenis stap. Ook ons kom elke dag voor keuses te staan, waarvan sommige belangriker as ander is. Dink mooi voor jy kies, en maak seker dat jy nie verkeerde keuses maak omdat jy ánder mense hulle sin wil gee nie. Raadpleeg eerder die Here. Onthou dat jy eendag rekenskap sal moet gee van jou verkeerde keuses.
Die boek is in GROOTDRUK, en daarom uiters vriendelik vir mense wat die leesbril moet nader trek. Elke dagstukkie begin met ‘n Skriflesing, teksvers, kort oordenking en gebed.
‘n Ideale geskenk vir iemand wat nie meer allerhande geskenke nodig het nie maar wat daagliks gaan baat by ‘n relevante boodskappe uit die Woord.